Die wêreld in foto’s – 22 November 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wêreld-foto

Spoorlyne in Indië, wat wel afgeleë plekke in dié uitgestrekte land verbind, eis jaarliks die lewe van meer as 15 000 mense. Dié spoorlyne wat dateer van die Britse heerskappy so ver terug as 160 jaar gelede, is verouderd en die sinjale en kommunikasiestelsels laat veel te wense. Die volume pendelaars is groter as wat Indië se spoornetwerk kan hanteer. Dié foto is vroeër vanjaar geneem in Hyderabad. Foto: Mahesh Kumar, AP

wêreld-foto

ʼn Polisiebeampte ondersoek ʼn sekuriteitsvoertuig ná ʼn ontploffing in Peshawar waarin minstens drie veiligheidsbeamptes dood is. Vyf mense is in dié ontploffing in die noordweste van Pakistan beseer. Foto: Umar Qayyum, Xinhua

wêreld-foto

Libanese soldate in gelid tydens ʼn militêre optog Dinsdag in Beiroet ter viering van die land onafhanklikheid. Libanon het in 1943 onafhanklikheid van Frankryk bekom. Foto: Bilal Hussein, AP

wereld-foto-3

Peng Liyuan, vrou van China se pres. Xi Jinping, besoek die Colegio Juan XXIII, een van China se prestige taalskole in die Peruviaanse hoofstad, Lima. Foto: Ding Lin, Xinhua

wêreld-foto

ʼn Mossie aan’t smul aan ʼn peuselhappie in die Duitse stad Frankfurt. Foto: Michael Probst, AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.