Die wêreld in foto’s – 22 November 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Nepalese vrou in gebed in Katmandu in Nepal. Nepal se eerste verkiesing begin hierdie naweek. (Foto: Niranjan Shrestha, AP)

Die 19 km lange Fudao-staproete wat in die lug gebou is in Fuzhou, hoofstad van die Fujian-provinsie in China. (Foto: Song Weiwei, Xinhua)

Ondersteuners van Emmerson Mnangagwa, die man wat volgens alle aanduidings Zimbabwe se volgende president gaan word, hou foto’s van hom vas by die Manyame-lugmagbasis in Harare waar Mnangagwa later vandag verwag word. (Foto: Ben Curtis, AP)

Pous Franciskus wuif vir die skare op die St. Petrus-plein in die Vatikaanstad ná sy weeklikse oudiënsie. (Foto: Andrew Medichini, AP)

Tuinwerkers besig in ʼn klein openbare park in Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.