Die wêreld in foto’s – 22 November 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Kersliggies by die Kew-tuine in Londen, Brittanje. Die gewilde “Christmas at Kew”-geleentheid word vanjaar vanaf 22 November tot 5 Januarie 2019 aangebied waartydens besoekers die tuine vir ’n onvergeetlike feesliggies-nagroete besoek. (Foto: Ray Tang, Xinua)

Die maan Woensdagaand naby die grensmuur wat Tijuana, Mexiko en San Diego skei. Migrante wat tans met ’n karavaan uit Sentraal-Amerika reis, is op pad na Tijuana waar Amerikaanse owerhede die grens in verskeie afdelings opgedeel het. (Foto: Gregory Bull, AP)

Nonne stap Donderdag verby ’n hyskraan wat ’n 21 meter-lange Kersboom oprig in die Vatikaanstad. Dié boom kom uit die noordelike Italiaanse Consiglio-bos en is geskenk deur die Friuli Venezia Giulia-streek. (Foto: Andrew Medichini, AP)

’n Lid van Lok Sangharsh Morcha, ’n organisasie wat uit stamme en boere van die Maharashtra-staat bestaan, neem Donderdag deel aan ’n betoging in Mumbai, Indië. (Foto: Rajanish Kakade, AP)

Sonsopkoms Donderdag by die West Palm Beach-waterfront in Florida. (Foto: J. David Ake, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.