Die wêreld in foto’s – 22 Oktober 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Mense vier die Thadingyut-fees in Yangon, Mianmar. Dié fees val normaalweg in die sewende maand van die Mianmar-kalenderjaar en dui die einde van die reënseisoen aan. (Foto: U Aung, Xinhua)

Betogers hou Maandag plakkate vas tydens ʼn betoging teen die moorde op nege boere oor die naweek in Sagay, in die Filippyne. Dié land het ʼn geskiedenis van bloedige stryd oor grondbesit. (Foto: Bullit Marquez, AP)

Brittanje se prins Harry, die hertog van Sussex, Maandag tydens ʼn toewydingsplegtigheid van die K’gari-woude op Fraser-eiland, Queensland, Australië. (Foto: Phil Noble, AP)

Twee vroue neem Maandag ʼn selfie in ’n grasveld by Sky Park in Seoel, Suid-Korea. Sky Park vorm deel van die Wêreldbekerpark nadat dit eens ’n stortingsgebied in Seoel was. Die grasveld is omskep in ʼn ekologiese park ter herdenking aan die 2002 Korea-Japan Fifa Sokkerwêreldbeker. (Foto: Ahn Young-joon, AP)

‘n Man staan Maandag voor die Poolse Hooggeregshofgebou in Warschau, Poland, waar sommige regters deur die konserwatiewe regering gedwing word om uit te tree. Hierdie regters kan eers terugkeer na hul beroep op bevel van ‘n Europese hof. (Foto: Czarek Sokolowski, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.