Die wêreld in foto’s – 22 September 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Aktiviste van die COVID Memorial Project in die VSA het duisende klein Amerikaanse vlaggies op die National Mall-park se terrein in Washington in die grond gedruk. Hierdie vlae verteenwoordig die 200 000 koronavirus-slagoffers in die VSA.

Die 200 000 Amerikaanse vlaggies verteenwoordig mense wat weens die koronavirus in die VSA gesterf het. (Foto: J. Scott Applewhite, AP)

Koronavirus-slagoffers word herdenk by die National Mall in Washington, wat die tuiste van talle monumente is. (Foto: J. Scott Applewhite, AP)

Vlae op die National Mall se terrein in Washington, VSA. (Foto: J. Scott Applewhite, AP)

Klein Amerikaanse vlaggies is op die National Mall se terrein in Washington in die grond ingedruk. (Foto: J. Scott Applewhite, AP)

Aktiviste herdenk die oorledenes met klein Amerikaanse vlaggies. (Foto: J. Scott Applewhite, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.