Die wêreld in foto’s – 22 September

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wêreld-foto

ʼn Man van Egipte slaap by die Rashid-hospitaal in Rosetta – 65 km van Alexandrië in Egipte – nadat hy van ʼn sinkende boot in die Middellandse See gered is. Die boot, met 600 emigrante van Afrika aan boord, het op sy roete na Europa gesink. Die dodetal is nie bekend nie. Foto: Eman Helal/wire.africannewsagency.com

wêreld-foto

ʼn Foto wat vanjaar in Februarie geneem is, wys die lae watervlak van die Groot Soutmeer in Utah in die VSA. Seilbote is met hyskrane uit die water gelig en in die parkeerterrein gelos, waar hulle nog steeds staan. Meer as 100 bote staan en wag vir beter dae weens die droogte waaronder dié gebied ly. Foto: Al Hartmann/The Salt Lake Tribune via AP, File/wire.africannewsagency.com

wêreld-foto

Reddingswerkers trek ʼn motorfiets uit die modder nadat ʼn flitsvloed die westelike deel van Java in Indonesië getref het. Talle mense is dood en vermis ná stortreën, vloede en grondverskuiwings in dié gebied voorgekom het. Foto: AP/wire.africannewsagency.com

wêreld-foto

ʼn Blommeverkoper wag vir klante by ʼn mark in Mumbai, Indië. Foto: Rafiq Maqbool/wire.africannewsagency.com

 

wêreld-foto

ʼn Bejaarde paartjie loop langs ʼn rivier in die buitewyke van Frankfurt in Duitsland. Foto: Michael Probst/wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.