Die wêreld in foto’s – 23 April 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Angela Merkel, die Duitse kanselier (regs), Enrique Pena Nieto, die president van Mexiko (middel), en sy vrou, Angelica Rivera de Pena, raak aan ʼn robotarm by die IGB-stalletjie op die Hannover-mark in dié Duitse stad. (Foto: Hauke-Christian Dittrich, AP)

Erfan al-Hayali, die Irakse minister van verdediging, inspekteer Maandag ’n erewag by sy aankoms in Praag in die Tsjeggiese Republiek. (Foto: Petr David Josek, AP)

ʼn Bejaarde man stap Maandag verby haweloses in Athene. Griekeland het sy begrotingsdoelwitte vir die derde agtereenvolgende jaar bereik en gevolglik sy enorme skuldlas ietwat verlig terwyl die land hom voorberei om hom oor vier maande aan sy internasionale reddingsprogram te onttrek. (Foto: Thanassis Stavrakis, AP)

ʼn Belgiese soldaat aan diens buite die paleis van justisie in Brussel tydens die verhoor van Salah Abdeslam en Soufiane Ayari in dié stad. Ayari, die enigste oorlewende verdagte en in ʼn stadium Europa se mees gesoekte vlugteling ná die ekstremistiese aanvalle in 2015 in Parys, sou Maandag sy lot hoor in sy saak van poging tot moord. Abdeslam word verhoor vir sy betrokkenheid in die skietery op die polisie op 15 Maart 2016, vier maande ná die Parys-aanvalle waarin 130 mense dood is. (Foto: Virginia Mayo, AP)

ʼn Vrou hou Maandag ʼn sak met ʼn blom daarin vas nadat sy ʼn boek op internasionale boekdag in Pamplona in die noorde van Spanje, gekoop het. Boekverkopers gaan voort met dié Spaanse tradisie om op St. George-dag blomme aan alle mense wat ʼn boek koop te gee. Die oorsprong van dié tradisie kom eeue ver. (Foto: Alvaro Barrientos, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.