Die wêreld in foto’s – 23 April 2019

Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.

Werkers staan op ’n platform besig om die laaste blomversierings klaar te maak. Die blomversierings is in die vorm van ’n trein en ’n vragskip gerangskik om die komende Belt and Road Forum in Beijing te bevorder. Die Belt and Road Forum word dié naweek in Beijing deur die Sjinese president, Xi Jinping, geopen en deur talle wêreldleiers bygewoon. (Foto: Andy Wong, AP)

Ekaterina Voronina van Oesbekistan neem deel aan die spiesgooi-item as deel van die sewekamp by die Asiatiese Atletiekkampioenskap in Doha, Katar. (Foto: Vincent Thian, AP)

’n Vrou gebruik ’n selfie-stok om ’n foto van haarself tussen die bloeisels te neem by Zhongshan Park, langs die Verbode Stad in Beijing. Parke is baie gewild en word regdeur die jaar besoek. (Foto: Andy Wong, AP)

Katolieke nonne woon ’n begrafnisdiens by vir die slagoffers van Sondag se bomaanval by St. Sebastian-kerk in Negombo, Sri Lanka. (Foto: Gemunu Amarasinghe, AP)

Katherine Schwarzenegger (links) en Chris Pratt (regs) daag op by die première van Avengers: Endgame by die Los Angeles Convention Center. (Foto: Jordan Strauss, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.