Die wêreld in foto’s – 23 April 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het mense wêreldwyd in afsondering gegaan om die verspreiding van dié virus hok te slaan. Intussen lyk dit of diere en die natuur floreer in die mens se afwesigheid.

ʼn Kameelperd in die Denver-dieretuin in die VSA. Dié dieretuin is al sedert 17 Maart vir die publiek gesluit weens Covid-19. (Foto: David Zalubowski, AP)

ʼn Bengaalse tier gaap in sy skuilplek in die Santa Cruz-dieretuin in San Antonio, Colombië. (Foto: Fernando Vergara, AP)

ʼn Seeleeu genaamd Nick swem in die Denver-dieretuin in die VSA. (Foto: David Zalubowski, AP)

ʼn Dieretuinopsigter voer ʼn seekoei wortels in die Santa Cruz-dieretuin in San Antonio, Colombië. (Foto: Fernando Vergara, AP)

Kangaroes rus in die oggendson in die Denver-dieretuin in die VSA. (Foto: David Zalubowski, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.