Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Amerikaanse beesboer, Skeets Dunn, blus ʼn vuur naby sy veeplaas langs South Latah Creek-weg. Foto: Tyler Tjomsland/The Spokesman-Review via AP/wire.africannewsagency.com

ʼn Onderwyser dra sy dogtertjie op die skouers by ʼn protesoptog in Meksiko-Stad. Verskeie skole in drie Meksikaanse state kon nie met klasse begin nie as gevolg van stakende onderwysers wat protes lewer teen onderwyshervorming wat deur die regering ingestel is. Foto: Marco Ugarte/wire.africannewsagency.com

ʼn Vliegtuig spuit pienk brandbestrydende poeier op ʼn veldbrand naby Garden City, Utah, in die VSA. Foto: Eli Lucero/The Herald Journal via AP /wire.africannewsagency.com

Die Republikeinse presidensiële kandidaat, Donald Trump, lewer ʼn toespraak in Akron, Ohio. Foto: Gerald Herbert/wire.africannewsagency.com

Hillary Clinton, Amerikaanse presidentskandidaat vir die Demokratiese Party, staan reg vir ʼn foto saam met Jimmy Kimmel tydens ʼn opname van die televisieprogram, Jimmy Kimmel Live! in Los Angeles. Foto: Carolyn Kaster/wire.africannewsagency.com

Rafaela Silva van Brasilië word toegejuig deur ʼn groep kinders met kimono’s in Cidade de Deus nadat hy ʼn goue medalje verower het in judo tydens die Olimpiese Spele. Silva het in dié krotbuurt in Rio de Janeiro grootgeword. Foto: Leo Correa/wire.africannewsagency.com

Vroue van Iran weef matte tydens die 25ste internasionale skou van handgeweefde matte in Teheran, Iran. Foto: Xinhua/Ahmad Halabisaz/wire.africannewsagency.com
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Judo-kleredrag is nie kimonos nie. Die bostuk herinner wel ietwat aan ‘n kimono in terme van die snit daarvan, maar dit is nie een nie.
Judo-kleredrag word judogi genoem.
Dankie vir die foto’s. Lekker alternatiewe gewoonlik stimulerende leesstof.