Die wêreld in foto’s – 23 Augustus 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Plaaslike inwoners in Jablanica in Bosnië bekyk die toneel waar twee goederetreine in ʼn botsing betrokke was. Volgens die polisie is twee mense dood en ʼn derde persoon ernstig beseer. (Foto: Amel Emric, AP)

Franse polisie beveilig ʼn straat ná ʼn mesaanval in Trappes, naby Parys in Frankryk, waarin twee mense dood en ʼn derde persoon beseer is. (Foto: Philippe Wojazer, AP)

Joseph Schooling van Singapoer hou sy goue medalje in die lug ná die oorwinning in die mans se 50 m-vlinderslag tydens die swemkompetisie by die Asiatiese Spele in Djakarta, Indonesië. (Foto: Bernat Armangue, AP)

Aanhangers laat die Thai-vlag wapper tydens die vroue-veergewigafdeling by die Asiatiese Spele in Djakarta, Indonesië. (Foto: Firdia Lisnawati, AP)

ʼn Pikkewyn staan regop terwyl die dieretuinopsigter hom weeg in die dieretuin in Londen. Beamptes by dié dieretuin teken gereeld die gewig en lengte van die diere aan. (Foto: Frank Augstein, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.