Die wêreld in foto’s – 23 Februarie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Studente van die Universiteit van die Filippyne hou plakkate vas in die stad Quezon, noord-oos van Manila in die Filippyne. Hulle het uit hul klasse geloop om hul misnoeë oor president Rodrigo Duterte se toenemende diktatorskap uit te spreek. Dié studente blameer Duterte vir die “verslegtende toestande van politiek, die ekonomie en menseregte” en vra nou vir sy uittrede. (Foto: Bullit Marquez, AP)

Mense doen die Yangge-dans in die Chongli-distrik van Zhangjiakou-stad in noordelike China. Meer as twintig Yangge-troepe neem aan die begin van die Chinese Nuwejaar deel aan feesvieringe. (Foto: Zhang Gang, Xinhua)

Duitsland se gouemedalje-wenners in die mans se nordiese gekombineerde ski-item poseer tydens die medalje-oorhandigingseremonie by die 2018 Olimpiese Winterspele in Pyeongchang, Suid-Korea. (Foto: Charlie Riedel, AP)

Lede van ’n niewinsgewende omgewingsorganisasie dra maskers van die Europese Unie-leiers buite die Europese Unie-beraad in Brussel. Terwyl die EU-leiers bymekaarkom om die begroting te bespreek, het dié omgewingsgroep daarop aangedring dat die EU meer geld aan die natuur bestee. (Foto: Geert Vanden Wijngaert, AP)

Michelle Bachelet, die president van Chili, en die Japannese premier, Shinzo Abe, woon hul gesamentlike aankondiging by Abe se amptelike woning in Tokio, Japan, by. (Foto: Toru Hanai, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.