Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Vrywilligers en reddingswerkers is besig met ʼn reddingspoging ná ʼn sneeustorting die Rigopiano Hotel naby Farindola, Italië getref het. Foto: Corpo Nazionale Soccorso Alpino e Speleologico/ANSA via AP)
Indië se gewapende magte marsjeer in New Delhi tydens ʼn kleedrepetisie ter voorbereiding vir Republiekedag op 26 Januarie. Foto: Manish Swarup/AP
Roberto Bautista Agut van Spanje dien vir Milos Raonic van Kanada tydens die die vierde rondte van die Australiese Ope. Foto: Dita Alangkara, AP
Caydee Denney en John Coughlin gee hul beste tydens die Amerikaanse Ysskaatskampioenskappe in Kansas. Foto: Charlie Riedel, AP
Kinders in Kaboel, Afganistan speel in die sneeu. Foto: Rahmat Gul, AP
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.