Die wêreld in foto’s – 23 Januarie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Brandweerwaens en ambulanse slaggereed voor ’n ski-oord in Kusatsu, sentrale Japan, ná ʼn vulkaniese uitbarsting by Berg Kusatsu-Shirane. ’n Reddingsbeampte vertel dat die vulkaan Dinsdag uitgebars het, wat ’n sneeustorting naby dié ski-oord tot gevolg gehad het. (Foto: Suo Takekuma, AP)

Mianmar-polisiebeamptes begelei die aangehoude Reuters-joernalis Wa Lone na ’n verhoor in Yangon, Mianmar. Twee Reuters-joernaliste verskyn Dinsdag in die streekshof vir die tweede keer ná hulle amptelik aangekla is van die skending van die staat se geheime wetgewing vroeër vandeesmaand. (Foto: Lamin Tun, AP)

’n Polisiebeampte staan wag by ’n skool in Luenen, Duitsland. Volgens polisie is ’n student Dinsdag deur ’n medestudent vermoor by ’n skool in Wes-Duitsland. ’n Minderjarige student is in hegtenis geneem en ’n ondersoek is van stapel gestuur. Leerders van die skool ontvang tans berading. (Foto: Bernd Thissen, AP)

Oostenryk se Stephanie Brunner Dinsdag in aksie gedurende ’n Alpeski-item, die vrouewêreldbeker se reuse-slaloem-item by die Kronplatz-oord in San Vigilio di Marebbe, Italië. (Foto: Alessandro Trovati, AP)

’n Vrou hou haar skoene vas nadat sy en talle ander uit ’n gebou ontruim is ná ’n aardbewing in Djakarta, Indonesië. ’n Matige aardbewing het die Indonesiese eiland Java en die land se hoofstad, Djakarta, Dinsdag geskud. (Foto: Achmad Ibrahim, AP)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.