Die wêreld in foto’s – 23 Januarie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

’n Voetganger loop Dinsdag met ’n sambreel in die sneeu in Londen, Brittanje. (Foto: Han Yan, Xinhua)

Passasiers verlaat die platform van die moltreinlyn, Tunel, in Istanboel, Turkye. Tunel word beskou as die tweede oudste moltreinlyn ter wêreld naas die oudste een wat in 1863 in Londen gebou is. Tunel is een van die wêreld se oudste, maar steeds werkende, moltreinlyne en is vandeesmaand 144 jaar oud. (Foto: Xu Suhui, Xinhua)

Die Russiese president, Wladimir Poetin (regs), ontmoet Japan se eerste minister, Shinzo Abe (links), in Moskou, Rusland. (Foto: Sputnik, Xinhua)

Faraya, ’n ski-oorddorpie noordwes van Beiroet in Libanon, lê toe onder die sneeu. Talle storms het Libanon die afgelope paar maande getref, wat veroorsaak het dat verskeie dorpe en dele hoër as 700 m bo seevlak deur sneeu bedek is. (Foto: Bilal Jawich, Xinhua)

Die Ierse sanger Bono maak ’n handgebaar toe hy opdaag vir ’n besprekingsessie gedurende die 49ste jaarlikse vergadering van die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) in Davos, Switserland. (Foto: Laurent Gillieron, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.