Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Brandweerman bedek sy gesig tydens die bestryding van die Morton-brand naby Bundanoon in Nieu-Suid-Wallis, Australië. (Foto: Noah Berger, AP)

ʼn Soldaat van die Indiese Grensveiligheidsmag stap deur ʼn hek op die grens tussen Indië en Pakistan by Suchet Garh in Ranbir Singh Pura, Indië. Veiligheid aan die Indiese kant van die grens is opgeskerp ter voorbereiding vir dié land se Republiekdag wat op 26 Januarie gevier word. (Foto: Channi Anand, AP)

Sarbananda Sonowal, hoofminister van Assam, ʼn noordoostelike staat in Indië, inspekteer wapens en ammunisie wat deur kaders van verskillende rebellegroepe inhandig is tydens ʼn oorgee-plegtigheid in Gauhati. (Foto: Anupam Nath, AP)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Ons raak ontsteld oor al die probleme rn nuwe siektes in die wereld. Gryp gou u Bybel en gaan lees Mattheus 24. Daar vertel Jesus vir Sy dissipels wat aan die einde van die wereld gaan gebeur. Pessiektes word onder andere genoem.