Die wêreld in foto’s – 23 Julie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Hond hardloop deur die water by die Wannsee-meer in Berlyn. (Foto: Paul Zinken, AP)

ʼn Nepalese Hindoe-vrou steek ’n lamp aan en bid tydens die heilige maand van Shrawan in toewyding aan heer Shiva in die Pashupatinath-tempel in Katmandoe, Nepal. Die Hindoe-mense vas en aanbid heer Shiva gedurende dié maand. Ongetroude Hindoe-vroue bid vir ʼn goeie man terwyl getroude vroue in gebed vir ʼn lang lewe vir hul lewensmaats vra. (Foto: Niranjan Shrestha, AP)

ʼn Militêre verteenwoordiger van Mianmar daag Maandag op vir die eerste dag van ʼn gereelde sitting van die parlementslaerhuis in Naypyitaw, Mianmar. (Foto: Aung Shine Oo, AP)

Deelnemers aan die wêreld se Kersvader-kongres onderneem Maandag ʼn bootrit in Kopenhagen. Sowat 130 Kersvaders van oor die hele wêreld kom byeen om die vreugde van Kersfees by dié jaarlikse geleentheid in Julie te versprei. (Foto: Mads Claus Rasmussen, AP)

Sweet pêrel op die gesig van ʼn lid van die Koninklike Wag terwyl hy aan die skofruilingseremonie by Wellington Barracks in Londen deelneem te midde van warm temperature oor die hele Engeland. (Foto: Kirsty O’Connor, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Barend ·

Is daar enige nuuswaarde aan die hond wat deur die water hardloop?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.