Die wêreld in foto’s – 23 Julie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Skoenlapper rus op ʼn sonneblom in Rust, Duitsland. (Foto: Patrick Seeger, AP)

Leonardo DiCaprio neem ʼn foto saam met aanhangers by die Los Angeles-première van Once Upon a Time in Hollywood by die TCL Chinese Theatre. (Foto: Jordan Strauss, AP)

Chris Pratt (heel regs), Bryce Dallas Howard en Colin Trevorrow tydens die openingsaand van Jurassic World: The Ride by Universal Studios in Kalifornië. (Foto: Richard Shotwell, AP)

Brandbestryders probeer om ʼn veldbrand naby Macao in die sentrale deel van Portugal te blus. Volgens owerhede werk sowat 1 000 brandbestryders onverpoos om die veldbrand in bedwang te bring. Die veldbrand is veroorsaak deur die hoë temperature wat Portugal die afgelope somer ondervind. (Foto: Sergio Azenha, AP)

Die Arizona Diamondbacks se Eduardo Escobar in aksie teen die Baltimore Orioles se Hanser Alberto tydens die vierde beurt van ʼn bofbalwedstryd (Foto: Matt York, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.