Die wêreld in foto’s – 23 Junie 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Gary Howard, eienaar van die Little Braxted Bakery in Little Braxted, Essex, daag op by die stemstasie wat in sy eie stel teekamers deur die plaaslike raad opgestel is. Stemmers in Brittanje besluit vandag of die land in die Europese Unie (EU) moet bly. Foto: Nick Ansell/PA via AP/wire.africannewsagency.com

Suid-Koreane loop verby ʼn televisie met ʼn beeld van Noord-Korea se ballistiese missiel wat vandag in Noord-Korea se Rodong Sinmun-koerant geplaas is. Die skrif op die skerm lees: “Die VN-veiligheidsraad het ʼn noodvergadering gehou oor Noord-Korea se lansering van twee ballistiese missiele.” Noord-Korea se leier, Kim Jong Un, het vandag die sukses van ʼn kragtige nuwe missieltoets aangekondig, wat volgens staatsmedia een van die wapens meer as 1 400 km aangedryf het en blykbaar Amerikaanse magte in die streek sal kan aanval. Foto: Ahn Young-joon/AP via wire.africannewsagency.com

ʼn Belgiese weermagsoldaat tydens ʼn hofverhoor vir die verdagte, Mohamed Abrini, by die appèlhof in Brussel. ʼn Appèlhofpaneel het vandag bymekaargekom om Frankryk se uitleweringsaansoek te oorweeg. Abrini is ʼn verdagte in die Paryse en Brusselse aanvalle waarvoor die Islamitiese Staat (IS) aanspreeklikheid aanvaar. Foto: Virginia Mayo/AP via wire.africannewsagency.com

Mianmar se minister van buitelandse sake, Aung San Suu Kyi, is begroet met blomme met haar aankoms by die lughawe Suvarnabhumi in Bangkok, Thailand. Suu Kyi is met ʼn amptelike besoek vir drie dae in Thailand. Foto: Narong Sangnak/Pool Photo via AP/wire.africannewsagency.com

ʼn Vrou loop in die reën in Suqian, Oos-Sjina se Jiangsu-provinsie. Sjina se sentrale meteorologiese owerheid het ʼn geel waarskuwing vir swaar reën in Oos-, Sentraal- en Suidwes-Sjina uitgereik. Foto: Xinhua/Zheng Xujun/(wyo)/wire.africannewsagency.com

Julian Brown glimlag met sy Google Glass-bril terwyl hy met Jena Daniels, ʼn kliniese navorsingskoördineerder by The Wall Lab in Stanford, Kalifornië, gesels. Nes baie outistiese kinders, sukkel Brown om die emosies op ander se gesigte te lees, een van die grootste uitdagings vir mense met dié neurologiese afwyking. Nou kry Brown hulp van die “autism glass” – ʼn eksperimentele apparaat wat gesigte opneem en ontleed, en die persoon dan onmiddellik in kennis stel van die emosie wat uitgedruk word. Foto: Jeff Chiu/AP via wire.africannewsagency.com

Die uitstalling van “Meesterstukke van Antieke Sjinese porselein van die Shanghai Museum” het gister in Rome, Italië, geopen. Die 76 kultuuroudhede sal tot 16 Februarie 2017 in die Museo Nationale del Palazzo di Venezia uitgestal word. Foto: Xinhua/Jin Yu/wire.africannewsagency.com

ʼn Kind oes op ʼn stuk veld in Tihany, Hongarye. Die skiereiland van Tihany is bekend vir sy groot laventelvelde. Foto: Xinhua/Attila Volgyi/wire.africannewsagency.com

Inkopiegangers loop verby ʼn Boeddhistiese monnik wat vra vir aalmoese in die gewilde winkeldistrik Ginza in Tokio. Foto: Shuji Kajiyama via AP/wire.africannewsagency.com

Sekerheidsbeamptes verwyder ʼn ondersteuner van die veld tydens die Copa America Centenario halfeindstryd-sokkerwedstryd tussen Chili en Colombië in Chicago, Illinois. Chili het 2-0 gewen. Foto: Xinhua/Bao Dandan/wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jan maak n Plan ·

En toe vind ek uit dat Suid Afrika nie deel van doie wereld nie – want ek sien niks van Pretoria nie.

HEVW ·

Asseblief Maroela ons in Namibie wil ook Pretoria sien. Of het julle sonder kennisgewing ook besluit om die werlikheid van ons te weerhou?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.