Die wêreld in foto’s – 23 Junie 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Toeriste koel af by ’n fontein in ’n openbare park in Boedapest, Hongarye. (Foto: Xinhua/Attila Volgyi)

Koningin Maxima van Nederland kom aan by die Triennale-museum in Milan, waar Nederland en Italië ’n gesamentlike konferensie oor water aanbied. (Foto: Daniel Dal Zennaro/ANSA via AP)

Mense kyk toe terwyl Indië se ruimtenavorsingsorganisasie gereed maak om ’n satelliet te lanseer in Sriharikota. (Foto: AP Photo)

Veiligheidsbeamptes ondersoek ʼn ontploffing by ʼn terrein in Pakistan. Minstens ses mense is dood en 20 beseer in dié selfmoordbomaanval. (Foto: Xinhua/Irfan)

Anne Hidalgo, die burgemeester van Parys, saam met Tony Estanguet, visepresident van die Parys-bodkomitee vir die Olimpiese Spele in 2024. Parys probeer seker maak die bod word aan dié stad toegeken deur oor die volgende twee dae sportbyeenkomste by van die beroemdste besoekpunte in die stad aan te bied. (Foto: Martin Buro, Pool via AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.