Die wêreld in foto’s – 23 Maart 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het mense wêreldwyd mediese gesigsmaskers aangeskaf wat handig te pas gekom het. Mettertyd is vlees en bloed egter nie die enigstes wat met dié maskers toegerus is nie.

Die verlate John Harvard-standbeeld in die VSA dra ʼn mediese gesigsmasker. (Foto: Collin Binkley, AP)

ʼn Gesigsmasker is by die standbeelde van die Duitse digters, Wolfgang von Goethe en Friedrich Schiller, in Weimar, Duitsland, geplaas. (Foto: Jens Meyer, AP)

ʼn Mediese gesigsmasker is op die Fearless Girl-standbeeld buite die New York-aandelebeurs geplaas. (Foto: Kevin Hagen, AP)

ʼn Standbeeld buite ʼn restaurant in Christchurch, Nieu-Seeland, is toegerus met ʼn gesigsmasker. (Foto: Mark Baker, AP)

ʼn Standbeeld van Freddie Mercury is bedek met ʼn mediese gesigsmasker en plakkaat met die opdrag, “Bly tuis”, in Montreux, Switserland. (Foto: Jean-Christophe Bott/Keystone, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
AJ

Baie interessant! Dankie!