Die wêreld in foto’s – 23 Mei 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Wêreld-foto's

Viëtnamese soldate tydens ʼn militêre parade in Hanoi ten tyde van pres. Barack Obama se besoek aan Viëtnam. Foto: AP Photo/Tran Van Minh/wire.africannewsagency.com

 

wire.africannewsagency.com

Die Amerikaanse president, Barack Obama en die Viëtnamese president, Tran Dai Quang, by hul aankoms by die presidensiële paleis in Hanoi, Vietnam. Obama het pas ʼn jarelange wapenverbod teen Vietnam opgehef. Foto: AP Photo/Tran Van Minh/wire.africannewsagency.com

 

wire.africannewsagency.com

Mense van Aden in Jemen bekyk die toneel waar twee selfmoordbomaanvallers toegeslaan het. Verskeie mense is dood in dié aanval. Foto: AP Photo/wire.africannewsagency.com

 

wire.africannewsagency.com

Die snuffelhond Sunny en sy hanteerder, Ulrich Hitzemann, op soek na die oorskot van ʼn vrou wat twee jaar gelede vermoedelik in Hoexter, Duitsland, vermoor is. Foto: Friso Gentsch/dpa via AP/wire.africannewsagency.com

 

wire.africannewsagency.com

Dié brandende motor is een van talle wat verwoes is in onlangse bomaanvalle en voorvalle waarin selfmoordbomaanvallers toegeslaan in Sirië se Latakia-provinsie. Ongeveer 100 mense is dood tydens die aanvalle. Foto: SANA via AP/wire.africannewsagency.com

 

wire.africannewsagency.com

Konstruksiewerkers in Dhaka in Bangladesj besig om te werk. Foto: AP Photo/A.M. Ahad, File/ wire.africannewsagency.com

 

wire.africannewsagency.com

ʼn Boer van Xinglong in China se Jiangsi-provinsie met ʼn net vol kreef wat hy gevang het in die Xidou-meer. Dié dorp boer met kreef en lewer jaarliks kreef ter waarde van ongeveer 1,527 miljard Amerikaanse dollar. Foto: (Xinhua/Zhou Haijun/ wire.africannewsagency.com

 

wire.africannewsagency.com

ʼn Vrou in of Lleida , Spanje, verkoop broodjies wat soos slakke lyk tydens die tradisionele L’Aplec del Caragol-fees. Dié gastronomiese fees van drie dae behels benewens slak-kookuns ook aktiwiteite met slak-temas. Foto: Xinhua/Zhou Zhe/wire.africannewsagency.com

 

wire.africannewsagency.com

Seuns swaai aan kabels by Maan City, suid van Amman, in Jordanië. Foto: Xinhua/Mohammad Abu Ghosh/wire.africannewsagency.com

 

wire.africannewsagency.com

Die Eden of Coronet, die wêreld se duurste kitaar, buite ʼn juwelierswinkel in Dubai waar dit tans vertoon word. Die kitaar is versier met diamante van meer as 400 karaat en goud van sowat 1,6 kg. Dié musiekinstrument is sowat R31 miljoen werd. Foto: Xinhua/Li Zhen/ wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

johann cb ·

Sjoe, as ek net die R31 miljoen van die kitaar besit het… (^_-)

Snaar ·

Ek wil daardie kitaar nie verniet hê nie, die ding klink so vals jy wil jou ore toedruk.

cobusp ·

As ons zuma se kommentaar moet vra oor die prys van die kitaar sal hy seker se dus cheap cheap……..dus nadat daai klomp nulle se kop deur mekaar gemaak het……….viva zuma viva

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.