Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Mense snel konsertgangers te hulp toe ʼn bom by ʼn Ariana Grande-konsert in Manchester, Brittanje, ontplof het. Volgens berigte was ʼn selfmoordbomaanvaller die oorsaak van die ontploffing. Minstens 22 mense is dood in die aanval. (Foto: PA via AP)

President Donald Trump en presidentsvrou Melania Trump lê ʼn blommekrans by Yad Vashem, ʼn monument in Israel wat die lewens herdenk van miljoene Jode wat onder Nazi-beheer gesterf het. (Foto: Evan Vucci/AP)

’n Vuurwerkvertoning vind plaas tydens die afsluitingseremonie van die vierde Islamitiese Solidariteit-spele in Baku, Azerbaidjan. (Foto: Tofik Babayev/Xinhua)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Nie “duisende Jode gesterf het” nie. Ses miljoene!