Die wêreld in foto’s – 23 Mei 2019

Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.

Mavis Staples tree op by die Mavis and Friends: Celebrating 80 Years of Mavis Staples-konsert by The Theatre at Ace Hotel in Los Angeles. (Foto: Willy Sanjuan, AP)

’n Foto van ’n tornado wat in Carl Junction, Missouri, woed. Die tornado het skade aan dié dorpie, net noord van die Joplin-lughawe, aangerig. (Foto: Chris Higgins, AP)

’n Privaat veiligheidswag kyk na ’n groot skerm wat die jongste uitslae van die algemene verkiesing in Noida, Indië, aantoon. Die stemtellery sal na verwagting teen vanaand afgehandel word. (Foto: Altaf Qadri, AP)

Die wêreldbekende sangeres, Rihanna, stel haar eerste ontwerpe vir haar Fenty-modereeks by ’n opwipwinkel (“pop-up”) in Parys, Frankryk, bekend. Hierdie modeversameling is vernoem na Rihanna se van en bestaan uit gereed-om-te-dra kledingstukke, skoene, bykomstighede en brille, wat vanaf Vrydag te koop is by die Paris’ Le Marais-area. Die ontwerpe sal eers vanaf 29 Mei aanlyn beskikbaar gestel word. (Foto: Francois Mori, AP)

Red Bull se Max Verstappen van Nederland bestuur sy motor gedurende die eerste oefensessie by die Monaco-renbaan in Monaco. Hierdie Formule 1-wedren sal Sondag 26 Mei plaasvind. (Foto: Luca Bruno, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.