Die wêreld in foto’s – 23 November 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Groep senior entoesiaste tree op by ʼn 700 jaar oue ginko-boom in China. Die boom lok jaarliks toeriste vanweë sy blareprag. Foto: Xy Yu, Xinhua

ʼn Lugfoto van ʼn die Lalu-vleiland in China wat die habitat is van meer as 5 000 voëls. Die vleiland strek oor byna 13 km2. Foto: Purbu Zhaxi, Xinhua

ʼn Model tydens die Boedapest-modeweek in Hongarye. Foto: Attila Volgyi, Xinhua

ʼn Reusepanda is Donderdag in die Liziping-natuurreservaat in China vrygelaat. China het tans 518 reusepandas in aanhouding en wil graag ʼn nasionale park vir dié diere begin waar hulle vryheid kan geniet. Foto: Yang Jin, Xinhua

ʼn Afgaanse veiligheidsbeampte staan wag by ʼn bus wat beskadig is tydens ʼn selfmoordbomaanval in die oostelike provinsie Nangarhar. Agt mense is in die aanval dood en 17 is beseer. Foto: Mohammad Anwar Danishyar, AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.