Die wêreld in foto’s – 23 November 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Elias Lopez, ʼn driejarige Hondurese vlugteling, speel terwyl die groep waarvan hy deel is die grens tussen die Chaparral-grensoorgang in Tijuana, Mexiko, probeer oorsteek. Die kind is deel van ʼn groep Sentraal-Amerikaanse vlugtelinge wat na die grensoorgang gereis het om op beter omstandighede aan te dring en toegang te kry tot die VSA. (Foto: Rodrigo Abd, AP)

ʼn Orkes tree op tydens die 2017 Macy’s-Dankseggingsdagparade in New York. Miljoene mense uit New York en reg oor die wêreld het die strate van Manhattan in die koue aangedurf om na die verbluffende vertoning van ballonne en sierwaens op die 92ste jaarlikse Macy’s-parade te kyk. (Foto: Li Rui, Xinhua)

’n Werknemer van die Londense dieretuin bekyk die Kersliggies tydens die bekendstelling van Kersfees by dié dieretuin in die stad. “Kersfees in die Londense dieretuin” word van 22 November 2018 tot 1 Januarie 2019 aangebied waartydens meer as een miljoen liggies en 200 visuele vertonings insluitend reuse- verligte diere-installasies besoekers ʼn betowerende ervaring sal bied. (Foto: Han Yan, Xinhua)

Lewis Hamilton van Brittanje bestuur sy motor tydens die eerste oefening op die Yas Marina-renbaan in Abu Dhabi in die Verenigde Arabiese Emirate. Die Emirate se Formule Een-Grand Prix vind Sondag plaas. (Foto: Hassan Ammar, AP)

Kasjmirse dorpenaars hou Vrydag die begrafnis van Azad Ahmed Malik, ʼn opperhoof, in Arwani, 55 kilometer suid van Srinagar, dop. Indiese veiligheidsmagte het Vrydag ses vermeende insypelinge tydens ʼn hewige skermutseling doodgeskiet. (Foto: Dar Yasin, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.