Die wêreld in foto’s – 23 Oktober 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die Amerikaanse president, Donald Trump, praat met verslaggewers by die Wit Huis in Washington DC. Trump het bevestig die VSA sal ophou om hulp te verleen aan drie lande in Sentraal-Amerika. (Foto: Ting Shen, Xinhua)

Brittanje se prins Harry en Meghan, hertogin van Sussex, waai Dinsdag vir aanhangers vanaf ’n balkon by die Grand Pacific-hotel in Suva, Fidji. Prins Harry en sy vrou is tans op ’n toer van 16 dae van Australië en die Suidelike Stille Oseaan. (Foto: Phil Noble, AP)

ʼn Stamvrou woon Dinsdag ʼn betoging by waar betogers aandring op die oordrag van grondtitels in Mumbai, Indië. (Foto: Rajanish Kakade, AP)

Koning Willem-Alexander van Nederland en prins Charles van Brittanje gaan Dinsdag ʼn erewag na tydens hul seremoniële verwelkoming by die Horse Guards Parade in Londen. (Foto: Christopher Furlong, AP)

ʼn Riviermeeu vlieg Dinsdag onder deur ʼn brug met graffiti op by die Savarivier in Belgrado, Serwië. (Foto: Darko Vojinovic, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.