Die wêreld in foto’s – 23 September 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wêreld-foto

Ongeveer 300 brandbestryders probeer al sedert Donderdag ʼn massiewe vuur blus by ʼn plastiekfabriek in Moskou, Rusland. Agt brandbestryders het reeds omgekom in dié brand. Foto: AP

wêreld-foto (3)

Werkers by die skeepsbouwerf in die hawe van Beheira in Egipte wat werk verskaf aan die meeste inwoners van dié streek. Die Rashid-hawe speel ʼn belangrike rol in die skeepsboubedryf in Egipte. Foto: Ahmed Gomaa / Xinhua

wêreld-foto

Naomi Osaka van Japan deel haar aantekening uit ná die kwarteindstryd van die Pan Pacific-Ope-tennistoernooi in Tokio, Japan. Osaka het Aliaksandra Sasnovich van Belo-Ruslan geklop. Foto: Eugene Hoshiko / AP

wêreld-foto (2)

Ruiters neem deel aan die ʼn perdewedren tydens die Nadam-skou in Araxan, Mongolië. Boksgevegte, poësiekompetisies en ʼn modeparade is onder meer op die program van dié skou. Foto: Kang Wenkui / Xinhua

wêreld-foto

Giorgio Armani het sy lente/somer-klerereeks vir 2017 Vrydag in Milaan, Italië, vertoon. Foto: Luca Bruno/ AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.