Die wêreld in foto’s – 23 September 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die polisie in Parys, Frankryk, het die gebied om die Eiffeltoring afgesper ná ʼn bomdreigement ontvang is.

Paaie rondom die toring en die brug wat oor die Seinerivier strek tot by Trocadero Plaza is Woensdag toegemaak.

Terwyl die Eiffeltoring daagliks oop is, word dit af en toe gesluit weens arbeidstakings en selfmoord- en bomdreigemente.

Russiese toeriste praat met die polisie. (Foto: Michel Euler, AP)

ʼn Man met ʼn bottel sjampanje loop weg van polisiebeamptes nadat hy met hulle gepraat het. (Foto: Michel Euler, AP)

Franse polisiebeamptes beveilig die brug wat na die Eiffeltoring toe lei. (Foto: Michel Euler, AP)

ʼn Vrou loop verby die Eiffeltoring wat Woensdag afgesper is weens ʼn bomdreigement. (Foto: Michel Euler, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.