Die wêreld in foto’s – 24 April 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Inwoners van New Orleans hou wag by die standbeeld van Jefferson Davis. Dié stad beoog om alle konfederale standbeelde te laat verwyder, wat sommige meen ʼn simbool van rassisme is. Foto: Gerald Herbert, AP

Filippynse polisiebeamptes staan gereed vir aksie tydens die ASEAN-leiersberaad by die internasionale konvensiesentrum in Manila. Foto: Bullit Marquez, AP

Kunstenaars neem deel aan ʼn parade in Rome, Italië, tydens die viering van dié stad se 2 770ste bestaansjaar. Foto: Alberto Lingria, Xinhua

Lede van die Beijing 9 Kontemporêre Dansteater voer ʼn stuk op genaamd “R.E.M. – A Dream Sequence” tydens die 2017 Exodos Ljubljana-fees in Ljubljana, Slowenië. Foto: Matic Stojs, Xinhua

ʼn Man spring van ʼn krans by die Serendah-waterval in Rawang buite Kuala Lumpur, Maleisië. Foto: Daniel Chan, AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.