Die wêreld in foto’s – 24 April 2019

Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.

Gus, ʼn baba-olifant van Afrika, geniet ʼn stort buite die dieretuin in Wuppertal, Duitsland. (Foto: Roland Weihrauch, AP)

Mense geniet ʼn rit in ʼn perdekar deur die Wadden-see naby Cuxhaven, Duitsland. (Foto: Mohssen Assanimoghaddam, AP)

ʼn Vrou met haar hande bymekaar ter viering van Boeddha se komende verjaardag by die Jogye-tempel in Seoel, Suid-Korea. Boeddhiste reg oor die land besoek dié tempel ter viering van die Boeddha se verjaardag op 12 Mei. (Foto: Lee Jin-man, AP)

Hsing-Yin Liu van Taiwan speel teen Kim Song-I van Noord-Korea tydens die 16de wedstryd in die vroue-enkelstryd tydens die Wêreld-tafeltenniskampioenskap in Boedapest, Hongarye. (Foto: Tibor Illyes, AP)

Lede van die Russiese erewag marsjeer op pad na die amptelike verwelkomingseremonie van die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-oen, by die treinstasie in Wladiwostok, Rusland. Kim het Woensdagoggend in Rusland aangekom vir sy lankverwagte beraad met die Russiese president, Wladimir Poetin. (Foto: Alexander Khitrov, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.