Die wêreld in foto’s – 24 April 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het mense wêreldwyd in afsondering gegaan om die verspreiding van dié virus hok te slaan. In dié tyd het honde weer hul naam as die mens se beste vriend gestand doen. Hier is ʼn paar voorbeelde van die verhouding tussen honde en hul base.

ʼn Man hardloop saam met sy hond in Caracas, Venezuela. (Foto: Ariana Cubillos, AP)

ʼn Beeswagter poseer saam met sy honde in Caimito, Kuba. (Foto: Ramon Espinosa, AP)

ʼn Sokkerspeler van die Switserse sokkerspan FC Thun neem ʼn blaaskans nadat hy en sy hond ʼn oefenprogram voltooi het in Steffisburg, Switserland. (Foto: Alessandro della Valle/Keystone, AP)

ʼn Amerikaner word deur ʼn passasier se hond gegroet terwyl hulle wag op ʼn vlug van Paraguay na Miami, Florida. (Foto: Jorge Saenz, AP)

ʼn Man stoot sy hond in ʼn kruiwa nadat hy noodsaaklike inkopies gedoen het in La Paz, Bolivië. (Foto: Juan Karita, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
TO

Oh wow, wys jou net ‘n hond bly ‘n mens se beste vriend. Net jammer daar word so dikwels toegelaat dat diere op die wreedste manier moontlik mishandel word.

Fae Fubar

Dierbaar!

katerinadiekat

Dis so cute en mooi!

Sonneblomkind

Dis awesome en dis wonderlik om te sien hoe jou hond jou beste vtiend is en jou bystaan.