Die wêreld in foto’s – 24 Augustus 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

/wire.africannewsagency.com

Reddingswerkers deursoek ʼn gebou in Arcuata del Tronto, Italië, nadat ʼn aardbewing van 6.1 die area vroeg vanoggend getref het. Die skokgolwe kon oor ʼn groot gedeelte van Italië gevoel word. Foto: Sandro Perozzi/wire.africannewsagency.com

/wire.africannewsagency.com

Brandbestryders probeer om vlamme te beveg langs Interlake-weg in die Mounterey-distrik, Kalifornië. Dié vuur het suid van die Nacimiento-Reservoir in die San Luis Obispo-distrik begin. Foto: David Royal/The Monterey County Herald via AP/wire.africannewsagency.com

/wire.africannewsagency.com

ʼn Polisiebeampte van Thailand ondersoek die wrak van ʼn motor na ʼn ontploffing buite ʼn hotel in die Pattani-provinsie, in die suide van Thailand. Foto: Sumeth Panpetch /wire.africannewsagency.com

/wire.africannewsagency.com

ʼn Soldaat van Suid-Korea lê aan met ʼn masjiengeweer tydens ʼn anti-terreuroefening in Seoul, Suid-Korea. Noord-Korea het ʼn ballistiese missiel in die see gevuur om protes aan te teken teen dié jaarlikse militêre oefensessie. Foto: Ahn Young-joon/wire.africannewsagency.com

/wire.africannewsagency.com

Marcos Spence, van Dallas in die VSA, deel pamflette uit by ʼn konferensie in Austin, Texas, waar Donald Trump, die republikeinse presidensiële kandidaat, sou praat. Foto: Gerald Herbert/wire.africannewsagency.com

/wire.africannewsagency.com

Deelnemers aan die Nil Barahi-dansfees in Bhaktapur, Nepal, bespeel tradisionele musiekinstrumente. Dié fees word jaarliks gehou om seëninge van verskeie gode te ontvang. Foto: Xinhua/Sunil Sharma (syq)/wire.africannewsagency.com

/wire.africannewsagency.com

Maggie Domski (13) duik in ʼn swembad in Blakely, Pennsilvanië. Foto: Butch Comegys/The Times & Tribune via AP/wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.