Die wêreld in foto’s – 24 Augustus 2018

Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.

Kim Jeom Ryul (87) van Noord-Korea ontmoet sy suster Kim Kyo-nam (91) van Suid-Korea tydens die familie-reünie van geskeide Koreane by die Diamond Mountain-oord in Noord-Korea. Bejaarde Noord-en Suid-Koreane het mekaar Vrydag in trane omhels tydens die tweede familie-reünie waar familielede wat vir dekades deur die Koreaanse Oorlog geskei is, tydelik herenig word. (Foto: AP)

Oekraïnse vroulike soldate Vrydag tydens ’n optog in Khreshchatykstraat as deel van ’n militêre parade om Onafhanklikheidsdag in Kiëf in die Oekraïne te vier. (Foto: Efrem Lukatsky, AP)

’n Bord in Londen vertoon Vrydag die Britse pond-wisselkoers. Die Britse hoof van die tesourie word daarvan beskuldig dat hy waarskuwings geïgnoreer het wat daarop dui dat daar ernstige gevolge vir die ekonomie sou wees indien die Verenigde Koninkryk die Europese Unie sonder ’n ooreenkoms oor toekomstige betrekkinge verlaat. (Foto: Frank Augstein, AP)

Indië se Sandeep Sejwal maak gereed om in die 50 m-mansborsslagfinaal te swem by die 18de Asiatiese Spele in Djakarta, Indonesië. (Foto: Bernat Armangue, AP)

’n Akteur tree op tydens die 17de Teheran Internasionale Poppespelfees in Teheran, Iran. Die fees het Woensdag afgeskop en duur ses dae. (Foto: Ahmad Halabisaz, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

IK ·

Indrukwekkend (en slank!) die doedies vd Oekraïne. Hulle gee ‘n nuwe betekenis aan die uitdrukking ‘Agter elke man . . . ‘ nl. ‘Voor elke man staan ‘n pragtiggewapende vrou’.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.