Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Kasjmirse vroue treur oor die dood van drie Indiese weermagsoldate. Minstens drie soldate en ʼn vrou is gedood en nog drie soldate is beseer tydens ʼn aanval in Kasjmir. Foto: Javed Dar, Xinhua
Ondersteuners van Hefazat-e-Islam lewer protes in Dhaka, Bangladesj, ná ʼn standbeeld van ʼn vrou met ʼn skaal en ʼn swaard in die hand voor die hof geplaas is. Dié standbeeld, genaamd “Lady Justice”, is verteenwoordigend van die Griekse godin van regspraak, Themis. Foto: A.M. Aha, AP
Mense in China se outonome Tibet-streek berei “kasai”, ʼn tradisionele gereg eie aan die Tibettaanse kultuur, voor. Foto: Liu Dongjun, Xinhua
ʼn Chinese vrou stoot ʼn hond rond in ʼn waentjie tydens ʼn troeteldierskou in Hongkong. Foto: Wang Shen, Xinhua
ʼn Lugfoto van die dorpie Macaodi, geleë in ʼn landelike gebied in China se Yunnan-provinsie. Foto: Yang Zongyou, Xinhua
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Ek wil graag weet wat in ander lande aangaan, maar deesdae is elke 2de foto uit China.
Ig ·
TWD wat maak dit nou saak in watter land n mooi foto geneem is, mooi is mooi.
TDW ·
Ek wonder net hoekom daar so min fotos uit Suid Afrika is. En ek moet byvoeg ek is bietjie “teen” China op die oomblik oor hulle so hard probeer om hul kloue in Suid Afrika te kry
Kyk Maar ·
Stem saam TDW
Ian Snyders ·
Hoekom word plaas moorde nie bespreek nie da nog net 2% wit wt grond besit en die ander grond besit die staat wil hulle al die boere moet botswana toe gaan.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.