Die wêreld in foto’s – 24 Januarie 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wêreld-foto

Suid-Koreaanse en Amerikaanse seesoldate dra opgeblaasde bote op hul skouers tydens ʼn winter-oefensessie in Pyeongchang, Suid-Korea. Foto: Lee Jin-man, AP

wêreld-foto

Roger Federer van Switserland staan sy man teen Mischa Zverev van Duitsland tydens die kwarteindstryd van die Australiese Ope in Melbourne. Foto: Kin Cheung, AP

wêreld-foto

Gaste woon die ontwerper, Christian Dior, se jaarlikse bal by tydens die modeweek in Parys. Foto: Zacharie Scheurer, AP

wêreld-foto

Mikaela Shiffrin van die VSA jaag bergaf op ʼn roete deur die Alpe tydens ʼn ski-kampioenskap in San Vigilio di Marebbe, Italië. Foto: MarcoTrovati, AP

wereld-foto-5

Vrywilligers lê besoek af by Liu Huiying, ʼn senior burger wat al jare alleen woon. Dié klomp het saam geëet ter viering van China se lentefees in Chonqing. Foto: Qin Tingfu, Xinhua, wf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.