Die wêreld in foto’s – 24 Januarie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Indiese polisiebeamptes marsjeer Woensdag tydens ’n kleedrepetisie vir Indië se opkomende Republiekdag-parade wat op 26 Januarie in Srinagar, Kashmir, plaasvind. (Foto: Javed Dar, Xinhua)

Switserland se Roger Federer Woensdag in aksie teen Tomas Berdych van die
Tsjeggiese Republiek gedurende die kwarteindronde van die Australiese Ope in Melbourne, Australië. (Foto: Ng Han Guan, AP)

Pous Franciskus wuif Woensdag vir die skare op die St. Petrus-plein in die Vatikaanstad ná sy weeklikse oudiënsie. (Foto: Andrew Medichini, AP)

Die Turkse eerste minister, Binali Yildirim (links), en Niger se eerste minister, Brigi Rafini, gaan Woensdag ’n militêre erewag na vóór hul praatjie by die Cankaya Paleis in Ankara, Turkye. (Foto: AP)

Die Franse modeontwerper Franck Sorbier gesels met modelle voor die tentoonstelling van sy 2018 lente-somerreeks in Parys, Frankryk. (Foto: Christophe Ena, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.