Die wêreld in foto’s – 24 Januarie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Ryp bedek Primrose Hill in Londen met sonsopkoms. Die plaaslike weerkantoor het ’n waarskuwing vir swaar ys uitgereik vir die suidoostelike, sentrale en noordelike gebied van Engeland asook Skotland. (Foto: Victoria Jones, AP)

Viëtnam se eerste minister, Nguyen Xuan Phuc, woon ’n sessie by gedurende die jaarlikse vergadering van die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) in Davos, Switserland. (Foto: Markus Schreiber, AP)

Tommy Fleetwood van Engeland slaan sy tweede hou op die 14de putjie gedurende die eerste ronde van die Dubai Desert Classic-gholftoernooi in Dubai, Verenigde Arabiese Emirate. (Foto: Neville Hopwood, AP)

’n By sit op die agterlyn terwyl Griekeland se Stefanos Tsitsipas hom voorberei om teen Spanje se Rafael Nadal af te slaan tydens die halfeindstryd van die Australiese Ope-tennistoernooi in Melbourne, Australië. (Foto: Aaron Favila, AP)

Jammu Kasjmirse polisiebeamptes staan op aandag gedurende die volle kleedrepetisie vir die Republiekdag parade in Srinagar, Kasjmir. Indië herdenk Republiekdag op 26 Januarie met militêre parades wat landwyd gehou word. (Foto: Mukhtar Khan, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.