Die wêreld in foto’s – 24 Julie 2020

Waarskuwing: Die volgende inhoud kan sensitiewe lesers ontstel.

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Spesiale begraafplaas, spesifiek vir Covid-19-slagoffers, is naby die Wadi al-Salam-begraafplaas in Najaf in Irak ingerig ná weiering dat Covid-19-slagoffers in begraafplase in Bagdad en elders begrawe word.

Só lyk die begrafnisse van Covid-19-slagoffers in Irak.

ʼn Lid van die Sjiitiese Imam Ali-burgermag word ontsmet tydens begrafnisse vir koronavirusslagoffers. (Foto: Anmar Khalil, AP)

ʼn Sjiitiese geestelike doen ʼn gebed tydens ʼn begrafnis in die Irakse stad Najaf. (Foto: Anmar Khalil, AP)

ʼn Lid van die Sjiitiese Imam Ali-burgermag staan by die lyke van koronavirusslagoffers tydens ʼn begrafnis in Najaf. (Foto: Anmar Khalil, AP)

Kiste wat gebruik is om koronavirusslagoffers mee te vervoer word verbrand in Najaf in Irak. (Foto: Anmar Khalil, AP)

ʼn Lid van die Sjiitiese Imam Ali-burgermag bid by die lyk van ʼn koronavirusslagoffer tydens ʼn begrafnis. (Foto: Anmar Khalil, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Fae Fubar ·

Dit is bitter hartseer, maar tog treffend om te sien watter impak die virus oor die aarde heen het. Dankie vir insiggewende en vars nuus, Maroela Media.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.