Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Larry die kat, hoofmuisvanger vir die Britse kabinet – die amptelike titel van die Britse eerste minister se kat – sit op Downingstraat 10 se trappe ná die land vanoggend gestem het om die Europese Unie te verlaat. Foto: Alastair Grant/AP viawire.africannewsagency.com
Betogers in Istanboel hou plakkate vas met foto’s van Reporters Without Borders se plaaslike verteenwoordiger Erol Onderoglu (regs), saam met die akademikus Sebnem Korur Fincanci (middel) en joernalis Ahmet Nesin (links), in protes teen hul gevangenskap buite Metris-tronk waar Onderoglu en Nesin aangehou word. Foto: Lefteris Pitarakis/AP via wire.africannewsagency.com
Feesgangers word met water van ʼn brandweerwa natgespuit tydens die “Wattah-Wattah”-fees in die Filippyne. Dié fees word ook gevier met ʼn groot en lawaaierige straatdans, parades en talle gratis konserte deur plaaslike kunstenaars. Foto: Xinhua/Rouelle Umali(yy)/ wire.africannewsagency.com
ʼn Valuta-handelaar kyk na monitors wat die wisselkoers tussen die Britse pond en Suid-Koreaanse won vertoon by ʼn valutahandelaar in Seoul, Suid-Korea. Foto: Lee Jin-man/AP via wire.africannewsagency.com
Paulo Bernardo Silva word bewaak deur beamptes op pad na ʼn vliegtuig van die federale polisie ná sy inhegtenisname in Brasilië. Silva, ʼn voormalige Brasiliaanse minister, is gister in hegtenis geneem in as deel van ʼn ondersoek na die Petrobas korrupsie-sirkel. Foto: Xinhua/Dida Sampaio/AGENCIA ESTADO(fnc)/ wire.africannewsagency.com
ʼn Vrou maak kant tydens ʼn byeenkoms waar byna ʼn duisend kantmakers van regoor die wêreld die Internasionale Kantorganisasie se wêreld kantkongres bywoon. Foto: Xinhua/Luka Dakskobler(yy)/ wire.africannewsagency.com
Handgemaakte houtmandjies word by die Nasionale Midsomer Avinurme houtvate- en handwerkfees in noordoos-Estland uitgestal. Foto: Xinhua/Sergei Stepanov(yy)/ wire.africannewsagency.com
ʼn Man kyk na ʼn niersteen by die juweelemporium in Naypyitaw, Mianmar. Plaaslike handelaars neem deel aan die jaarslikse verkoop van niersteen vanaf 24 Junie tot 6 Julie in dié stad. Foto: Aung Shine Oo/AP via wire.africannewsagency.com
Palestyne loop na ʼn kontrolepunt op pad na die derde Vrydag-gebede in Jerusalem se al-Aqsa moskee in die Moslemse heilige maand van Ramadan. Foto: Majdi Mohammed/AP via wire.africannewsagency.com
Modelle in tradisionele kostuums by ʼn Sino-Russiese-Mongoolse kostuumfees in die noorde van China. Foto: Xinhua/Deng Hua(lfj)/ wire.africannewsagency.com
En weereens is Suid Afrika nie deel van die wereld nie want ek sien niks wat brand nie.