Die wêreld in foto’s – 24 Maart 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 is landsburgers en toeriste wêreldwyd die skrik op die lyf gejaag. Daar is egter een soort toeris wat vreesloos die strate van Japan aandurf. Só lyk dié makkers.

Twee takbokke loop verby ʼn aandenkingswinkel naby die Todaiji-tempel in Nara, Japan. (Foto: Jae C. Hong, AP)

ʼn Toeris streel ʼn takbok in Nara, Japan. (Foto: Jae C. Hong)

ʼn Takbok staar na ʼn paartjie buite die Todaiji-tempel in Nara, Japan. (Foto: Jae C. Hong, AP)

ʼn Kind ry op sy fiets verby ʼn takbok wat by ʼn winkelsentrum in Nara, Japan, ronddwaal. (Jae C. Hong, AP)

ʼn Takbok loop oor ʼn voetoorgang in Nara, Japan. Volgens ʼn takbokbeskermingsgroep dwaal meer as ʼn duisend takbokke in die strate van dié antieke stad. (Foto: Jae C. Hong, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johanncb ·

Dwaal hulle agv die Covid-19 Inperking, of is hierdie voorkoms normaal?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.