Die wêreld in foto’s – 24 Mei 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Wêreldfoto's

Persoonlike besittings en stukke van die wrak van EgyptAir vlug 804 in Egipte. Menslike oorskot is ook gevind, wat blykbaar dui op ʼn ontploffing aan boord. Foto: Egyptian Armed Forces via AP, File/wire.africannewsagency.com

 

Wêreldfoto's

Ongeveer 1700 Afgaanse soldate neem deel aan militêre opleiding in Mazar-e-Sharif in die Balkh-provinsie in Afghanistan. Foto: Xinhua/Yaqoub Azorda/ wire.africannewsagency.com

 

Wêreldfoto's

ʼn Kasjmiri-gesin staan en kyk by ʼn venter uit nadat ʼn skietgeveg ontstaan het tussen die polisie en die hoof van ʼn militante groep by Srinagar, die Indies-beheerde gebied van Kashmir. Foto: AP Photo/Mukhtar Khan/ wire.africannewsagency.com

 

Wêreldfoto's (6)

ʼn Russiese vrou staan by ʼn Russiese stalletjie tydens ʼn kultuurfees in Mexiko Stad, Mexiko. 94 lande word verteenwoordig tydens dié fees. Foto: Xinhua/Alejandro Ayala/ wire.africannewsagency.com

 

Wêreldfoto's

Boere besig om koring te oes in die Runan-distrik van China se Henan-provinsie. Foto: /Sun Kai/ wire.africannewsagency.com

 

Wêreldfoto's

Spanje se Rafael Nadal speel teen Sam Groth van Australië tydens die eerste rondte van die Franse Ope by Roland Garros. Foto: Alastair Grant/ wire.africannewsagency.com

 

Wêreldfoto's (9)

Dominika Cibulkova van Slovakia speel teen Zheng Saisai van China tydens die Franse Ope by Roland Garros in Parys, Frankyk. Foto: Xinhua/Ye Pingfan/ wire.africannewsagency.com

 

Wêreldfoto's

Hoërskool-studente staan reg vir ʼn foto tydens ʼn ontspanningsklas voordat hulle eksamen skryf by No. 2- Hoërskool in Hengshui, in China se Hebei-provinsie. Xinhua/Zhu Xudong/ wire.africannewsagency.com

 

Wêreldfoto's

ʼn Man ry op sy fiets deur die reën in Frankfurt, Duitsland. Foto: AP Photo/Michael Probst/ wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Maryna ·

Wat ‘n pragtige, skoon, rustige foto van die man op sy fiets!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.