Die wêreld in foto’s – 24 Mei 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Pres. Donald Trump van die VSA en pous Franciskus het Woensdag in die Vatikaanstad ontmoet om wêreldwye vrede te bespreek – ten spyte van hul uiteenlopende sienings oor sake. Foto: Alessandra Tarantino, AP

Melania Trump, vrou van pres. Donald Trump van die VSA, staan reg vir ʼn selfie saam met ʼn pasiënt in die Bambino Gesù-kinderhospitaal in Rome. Trump het tydens sy besoek aan Italië ʼn ontmoeting met pous Franciskus in die Vatikaan gehad. Foto: Remo Casilli, AP

Koningin Elizabeth II en prins Phillip kom Woensdag by St. Paulus-katedraal in Londen aan vir die 100ste viering van die Orde van die Britse Ryk. Foto: Tim Ireland, AP

ʼn Krat met die strydwa van die eertydse Egiptiese farao Toetankamen is dié week van die museum in Kaïro na die Groot Egiptiese Museum naby die Giza-piramides vervoer. Dié museum word volgende jaar amptelik geopen. Foto: Zhao Dingzhe, Xinhua

Toeriste besoek die lelie-tuin in Baishui in die Wanzai-streek van China se Jiangxi-provinsie. Dié streek, bekend vir sy lelies, verbou dié blomme al die afgelope 500 jaar. Foto: Song Zhenping, Xinhua

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ai ·

Maroela… Pous Franciskus? Die naam wat hy gekies het is Francis. As julle dit nou rerig wil Afrikaans maak is dit mos net Fransis?

Jerome ·

Goeie dag Ai,

Die Afrikaanse naam was vertaal uit latyns wat Franciscus is. In ander tale sal dit weer Francisco wees.

Groete,

Jerome

Sune van Heerden ·

Dagsê Ai en Jerome

Ons kan bevestig dat “Pope Francis” se naam in Afrikaans inderdaad “pous Franciskus” is.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

SARIE VAN HEERDEN ·

Dit het al baie jare lank ‘n gewoonte by ons Afrikaners geword om mense van anderland se name te verAfrikaans. Dink bv aan koningin Elizabet. (Eliesabet). Ek sien niks daarmee verkeerd om met die spelling daarvan dieselfde te doen nie. Maroela, baie dankie vir hierdie deel van die “nuus” want dit gee mens ‘n kans om asem te haal na al die slegte nuus.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.