Die wêreld in foto’s – 24 Mei 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Mark Carney, die goewerneur van The Bank of England, woon die 2018 Bank of England- markteforum by Bloomberg in Londen by. (Foto: Victoria Jones, AP)

Brandbestryders en reddingswerkers help ʼn beseerde persoon nadat ʼn plaaslike trein Donderdag vroegoggend in ʼn vragmotor ingeploeg het wat op die treinspoor in Caluso, buite Turyn in Italië, stilgehou het. Minstens twee mense is dood en 18 beseer, het owerhede gesê. (Foto: Alessandro Di Marco, AP)

Taoiseach Leo Varadkar, middel, Donderdag saam met kollegas van die Fine Gael-party op Merrionplein in Dublin, Ierland, in aanloop tot die referendum oor die agtste bepaling van die Ierse grondwet. Dié referendum oor die herroeping van die land se streng teenaborsie-wetgewing word deur teenaborsie-aktiviste beskou as die laaste poging teen wat hulle beskou as ʼn Europese norm van aborsie-op-aanvraag, terwyl advokate ten gunste van die reg op aborsie dit beskou as ʼn fundamentele oomblik vir ʼn Ierse vrou se reg om self te kies. (Foto: Niall Carson, AP)

Guido Pella van Argentinië slaan die bal terug na Sam Querrey van die VSA tydens die tweede ronde van die Genève Ope-tennistoernooi in Genève, Switserland. (Foto: Martial Trezzini, AP)

Ferrari se Sebastian Vettel van Duitsland agter die stuur tydens die eerste oefensessie vir die Monaco-Formule Een- Grand Prix op die Monaco-renbaan in dié stad. Die Grand Prix van Monaco vind Sondag 27 Mei plaas. (Foto: Felipe Dana, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.