Die wêreld in foto’s – 24 Mei 2019

Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.

ʼn Jong betoger neem deel aan die Global Strike 4 Climate-protesaksie op die parlementêre plein in Londen. (Foto: Kirsty Wigglesworth, AP)

ʼn Vrou loop verby verkiesingsborde wat opgerig is vir die Europese Parlementêre verkiesing in Ascain in die suidwestelike deel van Frankryk. Van die verkiesingsborde lui “Amnestie en Vry Baskiese Land”. (Foto: Bob Edme, AP)

Die Amerikaanse groep, Jonas Brothers, tree op gedurende ʼn TV-vertoning in Düsseldorf, Duitsland. (Foto: Rolf Vennenbernd, AP)

ʼn Werker was ʼn bekende baken in St. Pietersburg in Rusland, die ruiterstandbeeld van Petrus die Grote, bekend as die Brons Perderuiter, deur Franse beeldhouer Etienne Maurice Falconet. (Foto: Dmitri Lovetsky, AP)


Vyf klein eendjies dryf op ʼn warm, sonnige Vrydag op die Mainrivier in Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Rusland ·

Ek wonder of sien ons mede landsburger dat standbeelde in ander lande gewas word, hier word dit mos toegegooi met verf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.