Die wêreld in foto’s – 24 November 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Valtteri Bottas van Finland bestuur sy motor tydens die eerste oefenrondte by die Yas Marina-resiesbaan in Abu Dhabi in die Verenigde Arabiese Emirate (Foto: Hassan Ammar, AP)

Sooronbai Jeenbekov, die nuwe president van Kirgistan, staan langs sy voorganger, Almazbek Atambayev, tydens die inhuldigingseremonie in Bishkek. (Foto: Vyacheslav Oseledko, AP)

Ondersteuners van die godsdienstige party Jamaat-ud-Dawa soen die leier van dié party se hand by sy aankoms in Lahore, Pakistan. (Foto: K.M. Chaudary, AP)

ʼn Betoger lig sy vuis omhoog voor die plaaslike gebou van Amazon in Leipzig, Duitsland, te midde van ʼn protes oor ʼn loongeskil tussen werkers en die maatskappy. (Foto: Sebastian Willnow, AP)

Emmerson Mnangagwa tydens sy inhuldigingseremonie as Zimbabwe se nuwe president. (Foto: Tsvangirayi Mukwazhi, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Op my foon moes ek mooi kyk waar die renmotor is op die eerste foto. Die tweede foto is beslis nie in Afrika te oordeel hoedat ‘mag’ met ‘n glimlag van hande verwissel.
Puik foto’s!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.