Die wêreld in foto’s – 24 Oktober 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Nooddiensvoertuie buite ’n metrostasie waar ’n roltrap in Rome, Italië, ineengestort het. Minstens 20 Russiese sokkeraanhangers is beseer toe ’n roltrap by hierdie besige metrostasie in dié stad ineengestort het, het plaaslike media berig. (Foto: Chen Zhanjie, Xinhua)

Mense woon Saoedi-Arabië se Toekomsbeleggingsinisiatief vir 2018 by in Riyad, Saoedi-Arabië. Dié byeenkoms word deur die Saoedi-Openbare Beleggingsfonds gehou en is ’n drie-dag-byeenkoms. Kontrakte wat op die eerste dag van dié byeenkoms geteken is, het sowat $55 miljard beloop. (Foto: Tu Yifan, Xinhua)

Wang Qishan, die adjunkpresident van China, kyk Woensdag na foto’s van slagoffers van die Jodeslagting by die Saal van Name ter herdenking aan die ses miljoen Jode wat deur die Duitse Nazi’s en hul medewerkers tydens die Tweede Wêreldoorlog vermoor is. Qishan het die Yad Vashem-holocaust-gedenktekenmuseum in Jerusalem besoek. (Foto: Gali Tibbon, AP)

Mense drom saam voor die stadsaal in Pamplona, Spanje, vir ’n minuut van stilte ter ere van Yolanda Jaen (51), een van 43 slagoffers van manlike geweld teenoor vroue vanjaar in dié land. Jaen het Dinsdag in ’n hospitaal gesterf ná ’n gewelddadige aanval waartydens haar huis aan die brand gesteek is. (Foto: Alvaro Barrientos, AP)

Boere oes Woensdag gemmer in Wangjiazhuang in die Hebei-provinsie van China. Plaaslike owerhede het die ontwikkeling van spesiale plantnywerhede soos gemmer en aspersies bevorder om boere te help om hul inkomste te verhoog. (Foto: Zhang Zhen, Xinhua)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Aaptwak ·

Dit is nonsens dat ses miljoen jode deur die Nazi’s gedood is. Julle feite is nie korrek nie. Wanneer gaan die jode ophou met hul propaganda van 6miljoen. Hulle speel nou daai slagoffer kaart al sedert WWII en dit word deur die sheeple voortgesit.

Die naam plaat by Aushwitz is al twee keer verander en elke slag is die getal jode verminder. Dit is nou net meer as n miljoen. Maar die mense vergeet dat daar meer Duitsers doodgemaak is deur die ge-allieerde magte tydens WWII. En nie Duitse soldate nie maar onskuldige burgers wat met vuurbomme verbrand is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.