Die wêreld in foto’s – 25 April 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Vrou loop Woensdag verby ʼn muurskildery in ʼn straat in Tokio. (Foto: Koji Sasahara, AP)

Kei Nishikori van Japan wag om teen Guillermo Garcia Lopez van Spanje te speel in die Barcelona Ope- tennistoernooi. (Foto: Manu Fernandez, AP)

Keiser Akihito van Japan (middel) groet gaste tydens die lente-tuinpartytjie in die Akasaka-paleis se tuin in Tokio. (Foto: Eugene Hoshiko, AP)

Ouers van gestremde volwassenes betoog voor die parlement in Warschau, Pole, om hoër toelae vir die versorging van hul kinders te eis. Hulle bestempel die regering se voorstelle in dié verband as onbevredigend. (Foto: Czarek Sokolowski, AP)

Meghan Markle woon ʼn gedenkdiens saam met prins Harry in Hyde Park Corner in Londen by ter nagedagtenis aan die Australiese en Nieu-Seelandse weermagkorps se toetrede tot die Eerste Wêreldoorlog 103 jaar gelede by die Gallipoli-skiereiland in Turkye. (Foto: Tolga Akmen, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.