Die wêreld in foto’s – 25 April 2019

Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.

Lotus flowers wilt in the dry cracked earth of an empty pond during the dry season outside of Phnom Penh, Cambodia, Thursday, April 25, 2019. Cambodia’s government recently issued a statement about a possible drought during the next two months. (AP Photo/Heng Sinith)

’n Christelike pelgrim van Ethiopië resiteer ’n gebed tydens die Ortodokse kerk se heilige week by die Kerk van die Heilige Graf in Jerusalem. (Foto: Mahmoud Illean, AP)

Pres. Wladimir Poetin (regs) van Rusland en Kim Jong-oen, die Noord-Koreaanse leier, poseer vir ’n foto tydens hulle vergadering in Wladiwostok, Rusland. (Foto: Alexander Zemlianichenko, AP)

Pakistanse sekuriteitspersoneel by ’n hoop brandende dwelms en drank wat gekonfiskeer is in Karatsji, Pakistan. Pakistanse doeane-owerhede het Donderdag ʼn groot hoeveelheid gesmokkelde drank, dwelms en verdowingsmiddels vernietig. (Foto: Fareed Khan, AP)

ʼn Anzac-gedenkdiens is Donderdag by die Buttes-begraafplaas in Zonnebeke, België, gehou. Op Anzac-dag word alle Australiërs en Nieu-Seelanders wat in oorloë, konflikte en vredesoperasies omgekom het in gedagtenis gehou. (Foto: Virginia Mayo, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.