Die wêreld in foto’s – 25 Augustus 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die voormalige Duitse president, Walter Scheel, is op 24 Augustus 2016 oorlede na ʼn lang siekbed. Hy was 97 jaar oud. Dié foto is in 2009 in Bad Krozingen, in die suide van Duitsland, geneem. AP Photo /Winfried Rothermel.file

Die voormalige Duitse president, Walter Scheel, is op 24 Augustus 2016 oorlede na ʼn lang siekbed. Hy was 97 jaar oud. Dié foto is in 2009 in Bad Krozingen, in die suide van Duitsland, geneem. Foto: AP Photo /Winfried Rothermel

Vlugtelinge uit Afghanistan bad op ʼn snikhete dag in Calais in die noorde van Frankryk. Volgens plaaslike owerhede is daar sowat 6 000 vlugtelinge in die nuwe ‘Jungle camp’, net buite Calais. Hulle hoop om die Engelse kanaal oor te steek na Brittanje. AP Photo/Michel Spingler

Migrante uit Afghanistan bad op ʼn snikhete dag in Calais in die noorde van Frankryk. Volgens plaaslike owerhede is daar sowat 6 000 vlugtelinge in die nuwe ‘Jungle camp’, net buite Calais. Hulle hoop om die Engelse kanaal oor te steek na Brittanje. Foto: AP Photo/Michel Spingler

Naasbestaandes in Kiev hou foto’s vas van hul familielede wat as soldate gesterf het in gevegte met die pro-Russiese seperatiste by ʼn Onafhanklikheidsdagoptog. AP Photo/Efrem Lukatsky

Naasbestaandes in Kiev hou foto’s vas van hul familielede wat as soldate gesterf het in gevegte met die pro-Russiese seperatiste by ʼn Onafhanklikheidsdagoptog. Foto: AP Photo/Efrem Lukatsky

ʼn Gestrande walvis, met sy stert wat oortrek is van eendmossels, rus in die water van Puerto del Buceo in die hartjie van Montevideo in Uruguay. Talle mense het tevergeefs probeer om die walvis te red, maar owerhede glo hy het uit sy eie land toe gekom om te sterf en vra die publiek om hom in vrede te laat. AP Photo/Matilde Campodonico

ʼn Gestrande walvis, met sy stert wat oortrek is van eendmossels, rus in die water van Puerto del Buceo in die hartjie van Montevideo in Uruguay. Talle mense het tevergeefs probeer om die walvis te red, maar owerhede glo hy het uit sy eie land toe gekom om te sterf en vra die publiek om hom in vrede te laat. Foto: AP Photo/Matilde Campodonico

Die presidensiële kandidaat vir die Republikeinse party, Donald Trump, loop in die reën saam met Florida se prokureur-generaal, Pam Bondi, by ʼn veldtog in Tampa.Loren Elliott/Tampa Bay Times via AP

Die presidensiële kandidaat vir die Republikeinse party, Donald Trump, loop in die reën saam met Florida se prokureur-generaal, Pam Bondi, by ʼn veldtog in Tampa. Foto: Loren Elliott/Tampa Bay Times via AP

Gimnas, Simone Biles, se reaksie terwyl Houston se burgemeester, Sylvester Turner, 24 Augustus as ‘Simone Biles-dag’ verklaar op die George Bush Intercontinental-lughawe in Houston, Texas. Sy het vier goue medaljes en een brons medalje op die Olimpiese Spele in Rio verower. Michael Ciaglo/Houston Chronicle via AP

Gimnas, Simone Biles, se reaksie terwyl Houston se burgemeester, Sylvester Turner, 24 Augustus as ‘Simone Biles-dag’ verklaar op die George Bush Intercontinental-lughawe in Houston, Texas. Sy het vier goue medaljes en een brons medalje op die Olimpiese Spele in Rio verower.  Foto: Michael Ciaglo/Houston Chronicle via AP

Brasilië se geskorste president, Dilma Rouseff, lag tydens ʼn optog in Brasilia. Brasilië se senaat maak hom reg vir die kishou in die saak, wat daartoe kan lei dat president Rousseff uiteindelik omvergewerp word. Sy word daarvan beskuldig dat sy die fiskale wette van die land oortree het. AP Photo/Eraldo Peres

Brasilië se geskorste president, Dilma Rouseff, lag tydens ʼn optog in Brasilia. Brasilië se senaat maak hom reg vir die kishou in die saak, wat daartoe kan lei dat president Rousseff uiteindelik omvergewerp word. Sy word daarvan beskuldig dat sy die fiskale wette van die land oortree het. Foto: AP Photo/Eraldo Peres

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Paul ·

As hulle reeds in Frankryk is, maar na Brittanje wil gaan, is hulle nie “vlugtelinge” nie, maar is hulle “migrante”.
‘n Vlugteling vlug slegs tydelik vanaf ‘n onveilige plek tot iewers waar dit veilig is.
‘n Migrant is iemand wat vanaf een veilige plek, na ‘n ander veilige plek gaan of wil gaan.

Landi Slatter ·

Dagsê Paul,

Dankie vir jou terugvoer. Die fout het by die teksversorger ingesluip en ons het dit nie opgemerk nie. Ons wysig die berig. Dankie dat jy ons daarop gewys het.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.